Die maksimum bedrag wat ons sal betaal is óf:
Die afrekeningsaldo van die kredietooreenkoms, minus:
- Enige bedrae wat aan jou terugbetaalbaar is op die tyd van verlies, soos (maar nie beperk tot) motorwaarborg of kredietlewe nie;
- Enige verdere of addisionele bedrae wat ná die aanvang by die hoofskuld van jou kredietooreenkoms gevoeg is, insluitend boetes en rente gehef op laat betalings; - Die bedrag wat uitbetaal is op jou onderliggende versekeringsaanspraak;
o Die waarde van enige voordeel wat deur jou onderliggende versekeringsaanspraak betaal is wat nie deel was van jou hoofskuld toe die kredietooreenkoms ’n aanvang geneem het nie, soos klanktoerusting of karbykomstighede
Die bedrag wat op jou versekeringskedule aangedui word – wat ook al die mindere is.