Besigheidsversekering
"Wat 'n vreugde om in jou Moedertaal besigheid te doen en dan nog boonop met 'n kundige persoon - by VIRSEKER kort termyn versekering."
Mnr. Austin
"Anja die konsultant wat my eis hanteer het is die beste sy het my konstante terugvoer gegee en dit het die hele proses baie makliker gemaak sonder haar bystand so ek verlore gewees het. Om besigheid met ñ maatskappy soos virseker te doen is fantasties ek kon nie by ñ beter versekeringsmaatskappy kon gewees het nie. Baie dankie vir almal daar."
Mnr. Webb
"Ek is vir n paar jaar by Virseker en hulle behou die goeie diens en hulle is baie deeglik en behulpsaam. Vir die kerk bied hulle die beste."
Past. Van Wyk
“Ek kan met lof praat wanneer ek oor die diens by Virseker moet uitwy. Die konsultante is hoogs opgelei vriendelik en laat jou vinnig op jou gemak voel. Die personeel is daar omdat hulle daar wil wees nie moet wees nie.”
Mnr. Tolmay
“Die eis proses was baie maklik en vinnig om te doen. Die afhandeling van die eis was nog vinniger en dit was professioneel en vriendelik verduidelik. Ek was heel verbaas oor hoe vinnig die hele proses was. Sal Virseker definitief aanbeveel vir enige iemand wat na nuwe versekering soek."
Henk H
“Sedert ons besluit het om oor te skakel na Verseker was ons nie een dag spyt nie. Ons eis tov voertuig versekering is absoluut professioneel en vinnig afgehandel. Die kommunikasie was uitstekend. Die firma waarheen die voertuig gestuur is vir herstel was absoluut deursigtig, professioneel en het ons op die hande gedra. Die kwaliteit werk was perfek.”
Mnr. Van Deventer
Besigheidsversekering is 'n vorm van finansiële sekuriteit vir jou besigheid. Foute, ongelukke en ander risiko's kan jou besigheid baie geld kos – soms meer as wat jy kan bekostig. Ons dink nie dit sal regverdig wees vir jou besigheid om te ly as gevolg van 'n fout of onvoorsiene gebeurtenis nie. Veral wanneer jy jou hart daarin sit om dit 'n sukses te maak. Besigheidsversekering dek die koste wat voortspruit uit gebeure wat jou besigheid in gevaar stel, of dit nou beskadige masjinerie, 'n openbare aanspreeklikheidseis of 'n stukkende motor is. Dit dek die finansiele verlies om jou besigheid te beskerm.
Openbare aanspreeklikheid is dekking wat deur jou besigheidsversekeringspolis aangebied word. Dit is dekking wat jy (as besigheidseienaar) en jou werknemers beskerm indien jy wettiglik aanspreeklik gehou word vir eise ingestel deur derdepartye vir beserings, dood of verlies of skade aan hulle eiendom op jou perseel.
Virseker bied 'n aantal besigheidsversekeringsprodukte aan om by jou besigheid se behoeftes en bedryf te pas. Dit sluit in, maar is nie beperk tot die volgende bedryfstipes nie: administratiewe, professionele firmas en mediese praktyke. Besigheidsversekering dek jou vir verskeie verliese wat jy kan ervaar, insluitend toevallige skade en diefstal van besigheidsgoedere, brandskade aan masjinerie, sowel as openbare aanspreeklikheid om 'n paar te noem. Virseker se Besigheidsversekering sluit Besigheidshulp in wat 'n reeks pasgemaakte besigheidsoplossings bied om jou besigheid se sukses te help ondersteun.