Jou voertuig is ’n belangrike bate van jou besigheid, en daarom bied ons versekering vir enige besigheidsvoertuig – van sedans, bakkies, ligte afleweringsvoertuie, en handelsvoertuie tot en met tien ton. Ons omvattende besigheidsversekeringsopsie sluit dekking in vir ongelukskade aan jou voertuig, asook derdeparty versekering vir skade aan ander voertuie berokken.
“Die eis proses was baie maklik en vinnig om te doen. Die afhandeling van die eis was nog vinniger en dit was professioneel en vriendelik verduidelik. Ek was heel verbaas oor hoe vinnig die hele proses was. Sal Virseker definitief aanbeveel vir enige iemand wat na nuwe versekering soek.”
Henk H
“Baie goeie diens na my kar afgeskryf is het hulle my volle bedrag by bank afgelos en ek het nog geld terug gekry beste versekering sal weer by julle verseker.”
Charlotte C
“Om met 'n versekeringsmaatskappy sake te doen, kan 'n groot pyn wees, maar nie met Virseker nie. Hulle is die vriendelikste, mees hulpvaardige en professionele mense met wie ek te doen gehad het. Niks is te veel vir hulle nie. Hulle oortref elke keer my verwagtinge!”
Mike B
“Puik diens, vinnig om te help, verbeter jou premie in n oogwink om jou sak beter te pas, goeie kultuur en vorm deel van 'n goeie netwerk wat strewe om te groei, bou en te beskerm.”
Lean
"Baie tevrede. Goeie diens. Baie vriendelike mense. Virseker BO!!"
Elizabeth J
"Omdat ek Afrikaans praat is dit altyd lekker om in mens se moedertaal met vriendelike en behulpsame mense met jou waardes hanteer te word. Puik diens!!!"
Maryna
Gereelde Vrae
Watter versekering is die beste vir my besigheid kar?
Virseker se Besigheidskarversekering bied 'n verskeie dekkingopsies in, en sluit voordele soos padhulp, windskermdekking, insleep en berging om 'n paar te noem.
Watter versekering dek Uber- of Bolt-bestuurders?
Uber-, Bolt- en ander pendel karre kan deur Virseker gedek word met ons Besigheidskarversekering pasgemaak vir die Pendelvoertuig bedryf.
Word vragmotors gedek onder Besigheidskarversekering?
Ja, vragmotors tot en met 10 ton wat vir besigheid gebruik word, kan deur Virseker gedek word met ons Besigheidskarversekering
Koekies
Hierdie webwerf gebruik koekies om jou ervaring te verbeter. Deur die webwerf te besigtig, aanvaar jy hierdie gebruik van koekies. Sien ons privaatheidsbeleid.