Probeer gerus hierdie maklike resep van Herman Lensing en maak dit in ‘n lugbraaier (airfryer)!
Genoeg vir 6
Plaas hoender in groot bak. Meng paprika, karringmelk en knoffel. Gooi oor hoenderstukke en maak seker dat dit oraloor bedek is. Geur goed met sout en peper. Plaas in yskas vir 1 uur. Haal hoender uit mengsel en krap die meeste van die karringmelk af. Plaas broodkrummels en koekmeel in groot plastieksak. Doop hoenderstukke in geklitste eier en gooi in sak met krummels. Skud sak rond tot al die stukke goed bedek is met die mengsel. Verhit lugbraaier tot warm op braai funksies. Plaas hoender in lugbraaier en braai vir 10-12 minute of tot hoender goudbruin en bros is. Sit voor met die mosterd. (resep volg)
Meng mosterdsaadjies, asyn en helfte van bier in middelslag-mengbak. Maak toe met kleefplastiek en laat staan oornag in yskas. Gebruik ’n skoon pot en meng oorblywende bier met heuning, suiker, sout en borrie. Bring tot kookpunt. Haal van hitte af en gooi in ’n menger. Verpulp by hoë spoed. Laat afkoel. Voeg droë mosterdpoeier en mosterd-en- biermengsel by. Verpulp by hoë spoed tot glad. Skep in skoon flesse wat gesteriliseer is en verseël goed om te bêre.