Let Wel

10 Dae tot Kersfees – Maak elke dag ’n fees!

2 min lees tyd
Huis 18 Desember 2024 deur Virseker

Die aftel na Kersfees het begin! Om seker te maak jy en jou gesin kry die meeste uit hierdie feesseisoen, het ons ’n prettige 10-dae-aktiwiteitslys opgestel. Van tradisionele kosmaak en bak tot Afrikaanse vermaak, daar is iets vir almal!

 

Dag 1: Bak Feestelike-lekkernye

Trek daai voorskoot aan en bak ’n bondel Kerskoekies of heerlike tradisionele beskuit om saam met jou gunsteling mense te geniet. Ons het onlangs die wenner van ons beskuitkompetisie aangekondig,

Dag 2: Skep ’n Kersmusieklys

Vul jou huis met feestelike vrolikheid deur jou eie musieklys met Afrikaanse en internasionale kers-treffers saam te stel.

Dag 3: Hou 'n Fliekfees by die huis

Rol die kombers uit en hou ’n knus fliek aand met Afrikaanse treffers op Showmax. Moenie die springmielies vergeet nie!

Dag 4: Maak jou eie Kersversierings

Raak kreatief en maak jou eie versierings saam met die kinders. Kyk op webwerwe soos Pinterest vir lekker kersfees aktiviteite en idees. Laai jou gratis Kersfeesklapper templaat hier af!

Dag 5: Hou ’n Feesbraai

Vat die Kersfeespret buitentoe! Steek die vuur aan en nooi vriende en familie vir ’n feestelike braai.

Dag 6: Verken jou gemeenskap

Gaan na ’n plaaslike Kersfeesmark of feesgeleentheid en geniet die feestelike atmosfeer.

Dag 7: Skryf Kerskaartjies

Versprei die vreugde deur opregte boodskappe aan jou vriende en familie te stuur.

Dag 8: Beplan ‘n gesins spel aand

Maak gereed vir hope lag en pret met gesinsbordspeletjies of Kersfees-trivia.

Dag 9: Berei ’n tradisionele Kersete voor

Kook iets besonders wat almal sal geniet – tradisie smaak altyd die beste!

Dag 10: Ontspan op Kersaand

Drink ’n lekker koppie warm sjokolade, lees ’n boek of kyk jou gunsteling Kersfees fliek terwyl julle wag vir die groot dag.

 

Gereed om jou aftel te begin? Deel jou gunsteling aktiwiteit met ons en merk ons op sosiale media!

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!