Let Wel

Is jou huis volkome gedek? Die belangrikheid van beide Geboue- en Huisinhoudversekering.

2 min lees tyd
Huis 19 Desember 2024 deur Virseker

Stel jou voor: jy en jou gesin is op vakansie, alles is rustig – tot jy die oproep kry wat niemand wil hê nie. Daar was ’n inbraak by jou huis. Of dalk sit jy ’n Sondagaand voor die TV, wanneer jy skielik ’n nat kol op die plafon sien – die geyser het gebars.

Ons wil nie altyd dink aan hierdie tipe dinge nie, maar ongelukkig is dit die realiteit waarmee baie huiseienaars gekonfronteer word. Dit is presies hier waar geboue- en huisinhoudversekering inkom.

Jou huis is ’n groot belegging en die plek waar jou gesin ontspan. Met die regte dekking kan jy enige skade of verlies wat jou tref, makliker hanteer. Dis hoekom ons wil kyk waarom jy werklik geboue- en huisinhoudversekering nodig het en hoe hulle saamwerk om jou en jou gesin se gemoedsrus te beskerm.

Waarom Geboue-versekering belangrik is:

Geboue-versekering dek die struktuur van jou huis teen ernstige skade of verlies as gevolg van onverwagte insidente. Dit dek alles van die mure, dak, motorhuis, en selfs buitegeboue. By Virseker dek ons jou huis teen:

· Vuur, weerlig, ontploffing en natuurrampe: Groot skade weens sulke insidente kan jou finansieël ruïneer. Met geboue-versekering hoef jy nie hierdie koste uit jou eie sak te dek nie.

· Gebarste waterpype: Waterpype wat bars, kan ernstige skade veroorsaak. Hierdie dekking verseker dat jy nie vir groot herstelkoste hoef in te staan nie.

· Storms en oorstromings: Suid-Afrika se weer kan onvoorspelbaar wees, en storms kan jou huisstruktuur beskadig. Ons geboue-versekering bied dekking teen hierdie risikos.

· Botsing deur voertuie en omvallende bome: Selfs ‘n ongeluk of omvallende boom kan aansienlike skade aanrig.

· Opsetlike of kwaadwillige skade: Beskerm jou sak teen die onkoste om enige skade wat doelbewus aangerig word te herstel.

· Inbraak of diefstal: Indien jou huis se strukture beskadig word tydens ‘n inbraak, dek ons die herstelwerk.

· Grondversakking en grondverskuiwings: Hierdie natuurlike verskynsels kan groot strukturele skade aanrig, maar ons het jou gedek.

Met hierdie omvattende dekking is jy verseker dat die strukturele integriteit van jou huis gedek is.

Die Waarde van Huisinhoudversekering

Elke huis bevat kosbare items, van elektroniese toestelle tot persoonlike erfstukke. Hierdie items kan maklik vervang word as jy die regte dekking het. By Virseker dek ons jou huisinhoud teen:

· Vuur, weerlig, ontploffing en natuurrampe: Soos met geboue-versekering, dek ons ook jou besittings teen skade vanweë sulke insidente.

· Gebarste waterpype: As ‘n waterlek jou meubels of toestelle beskadig, sal ons die skade dek.

· Storms en oorstromings: Jou besittings is gedek teen stormskade.

· Botsing deur voertuie en omvallende bome: Indien jou besittings as gevolg van hierdie tipe ongeluk beskadig word, hoef jy nie bekommerd te wees oor vervangingskoste nie.

· Opsetlike of kwaadwillige skade: Dekking teen opsetlike skade aan jou besittings.

· Inbraak of diefstal: As jou waardevolle items gesteel word, bied ons vergoeding.

· Verlies van huur en huur om elders te woon: As jy moet uitbly weens skade aan jou huis, help ons met huurkoste vir alternatiewe akkommodasie.

Maak seker jy is volkome verseker!

Een van die grootste risiko’s wat mense in die gesig staar, is om onderverseker te wees. Virseker bereken jou premie op die koste om al jou huisinhoud te vervang indien daar ‘n ramp of inbraak sou plaasvind.

As jou items nie volgens hul ware waarde verseker is nie, kan die uitbetaling minder wees as wat jy verwag. Maak seker dat jy gereeld jou huisinhoud se waarde opdateer om die risiko van onderversekering te voorkom.

’n Proaktiewe stap in die regte rigting

Om jou verder te help om ingelig te wees en voorbereid te wees, bied ons ‘n gratis huisinventaris waarmee jy maklik ‘n lys van jou besittings kan opstel en die waarde daarvan kan monitor. Hierdie huisinventaris help jou om bewus te wees van alles wat jy besit en verseker dat jy altyd die regte dekking het. Laai jou gratis huisinventaris hier af en begin die jaar met gemoedsrus, wetende dat jy en jou besittings gedek is teen enige moontlike skade.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!