Let Wel

5 Maniere Om Jou Huisversekering Premies te Verlaag

2 min lees tyd
Motor 10 September 2024 deur Virseker

As dit vir jou voel asof alles buitensporig duur raak, voel jy reg. In Suid Afrika groei kos en brandstof pryse tans vinniger as inflasie. Die realiteit is dat dit moeiliker en moeiliker raak om elke maand uit te kom met ‘n positiewe bankbalans. So dit is net natuurlik om elke sent om te draai. As deel van jou poging om kostes te bespaar is dit ‘n goeie idee om jou huisversekering premies (en sommer die ander versekering premies) te hersien. In hierdie artikel verduidelik Virseker kortliks hoekom jy wel jou huis moet verseker, voor ons jou ‘n klomp maniere gee om jou maandelikse premie te verlaag. 

 

Hoekom benodig jy Huisversekering?

Gestel daar’s ‘n groot storm en die boom in die hoek van jou erf val om op jou huis. Die muur is gekraak en jou dak (dit wat oor is van hom) lek soos ‘n sif. Om daai tipe skade te herstel gaan jou ‘n arm en ‘n been kos, behalwe as jy Gebouversekering het. Dit is een van twee vorme van huisversekering, waarvan die ander Huisinhoudversekering is. Soos wat jy kan aflei uit die name uit, dek die eerste tipe jou geboue, mure en dak teen onderanderre brandskade en weerlig. Die tweede opsie dek die inhoud van jou huis, bv los matte, elektriese toestelle, teen diefstal en skade. 

Wenk: Huisversekering is nie ‘n wettige vereiste in Suid Afrika nie, maar dit is nodig as jy ‘n huislening wil uitneem by ‘n bank of soortgelyke finansiele instansie.

 

Wat bepaal jou Huisversekering premies?

Daar is verskeie aspekte wat ‘n rol speel as dit kom by die versekering van jou huis en die inhoud daarvan. Dit is nie ‘n standaard stel produkte waarvoor almal, oral oor die land, dieselfde betaal ongeag van waar jy bly nie.

So, wat beinvloed dan die premie wat jy moet betaal om jou huis te laat verseker? En wat van versekering vir my muebels? 

  • Waar jy bly speel ‘n rol. Indien jou huis in ‘n sekuriteitskompleks is waar daar min tot geen inbrake is nie, behoort jou premie goedkoper te wees as iemand wat in ‘n area woon waar diefstal en geweld aan die orde van die dag is. 

  • Die vervanginskoste van jou geboue het ‘n invloed op die premie. Wat natuurlik sin maak. As daar iets skeef loop in ‘n drie slaapkamer huis gaan dit aansienlik goedkoper wees om te laat herstel as wanneer ‘n pyp bars in jou luukse sewe slaapkamer huis. Die versekeraar stoot gewoonlik die premie op vir huise wat duurder is om te vervang of herstel. 

  • Die tipe muebels en ander inhoud van jou huis kan ook jou premie affekteer. Jou buurman se 80 duim TV is lekker as die Bokke speel, maar sy premie op daai outjie gaan hoër wees as op jou 40 duim TV of boekrak. 

Soos jy kan sien gaan dit oor die risiko. Hoe groter die risiko, tipies, hoe hoër jou versekering premie.

 

5 Manier om jou Huisversekering premies te verlaag

Hier kom ons nou by die kruks van die saak. Hoe verlaag jy daai premie?

  1. Verseker al jou bates by een versekeraar. Nie net maak dit jou admin minder nie, dit kan jou ook ‘n paar rand spaar. As jou karversekering by een maatskappy is, jou troeteldiere by ‘n ander verseker is en jou huis by nog ‘n ander versekeraar, is dit dalk tyd om almal saam te bondel. Vra jou versekeraar om vir jou ‘n aflsag aan te bied as jy al jou besigheid na hulle toe bring. 

  2. Verhoog jou bybetalings. Elke versekeringseis kom met ‘n bybetaling. Dit maak dat mense nie sommer net links en regs eise indien nie. Ieder geval, as jy in stem om ‘n hoër bybetaling te maak in geval jy ‘n eis in stel, betaal jy minder aan jou maandelikse premie. As daar dan skade kom, moet jy uit haal en betaal, maar indien jy teëspoed vryspring wen jy al die pad. 

  3. Kap jou sekuriteit op. As jy dit moeiliker maak vir boewe om by jou huis in te breek behoort jy ‘n laer premie te betaal op jou huisversekering. Diefweering, alarm stelsels en sekuriteitslameras tel in jou guns as jy jou premie wil verlaag. Boonop kan jy ook meer gerus wees dat jou plek net so bietjie veiliger is.

  4. Hou jou huis in stand. Ongelukkig hou dit waarvan jou huis gebou is nie vir altyd nie. Verf dop af, dakke roes en dies meer. As jou dak vir tien jaar lek en dan een dag in mekaar sak gaan die versekeraar dalk nie betaal nie. Hulle sal die ou watervlekke in ag neem en aanvoer dat die skade oor tyd veroorsaak was en jy niks gedoen het om die risiko te verminder nie. In daai geval het jy dan tien jaar se premies gemors. Dit is dus beter om jou huis op dieselfde standaar te hou as toe jy dit aanvanklik verseker het. 

  5. Hersien jou polis. Mettertyd word jou premies aangepas, baie keer sonder dat jy behoorlik daarvan kennis neem. As jy jou oë uit vee betaal jy eweslielik dubbeld soveel as toe jy aanvanklik die hius laat verseker het. Dus is dit goed om maar daai e-posse te lees wat verduidelik hoekom die premie op gaan. Jy kan dan sien wanneer daar onnodige tipes dekking bygevoeg word en jou versekeraar laat weet jy benodig dit nie. Op die manier kan jy ook jou maandelikse premie verlaag. Soms is daar ook items wat jy aanvankik laat verseker, maar later verkoop jy dit. Stel jou versekeraar in kennis, dat hul dit nie hoef te verseker nie en jou premie verlaag. 

 

Kry ‘n kwotasie vir Virseker Huishoudversekering

Wil jy al jou versekeringspolisse na een versekeraar toe skuif om geld te spaar? Geen probleem nie. Kry ‘n gratis kwotasie by Virseker. Ons help graag - sommer in jou moedertaal ook!

—-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Bronne:

[1] BusinessTech: The cost of living reality for South Africa

Disclaimer: The information in this article is provided for informational purposes only and should not be construed as financial, legal, or medical advice.

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!