Let Wel

Die Verskil Tussen Derdeparty, Brand en Slegs Derdepartyversekering

2 min lees tyd
Motor 07 Junie 2024 deur Virseker

Verlore in die die soektog na motorversekering? Wel, dit gebeur met die beste van ons. Veral oor daar so groot verskeidenheid is om van te kies. Maar moenie bekommer nie, in hierdie artikel help Virseker jou om die verskil tussen Derdeparty, Brand en Diefstalversekering, en Slegs Derdepartyversekering te verstaan.

 

Nie net word die verskille tussen die twee motorversekeringstipes bespreek nie, ons gee sommer ‘n praktiese voorbeeld van oe elk werk ook. So hou aan lees as jy op soek is na bekostigbare karversekering, maar onseker is oor watse een van hierdie twee opsies beter sal werk vir jou. 

 

Wat is Derdeparty, Brand en Diefstalversekering?

 

Dis ‘n versekeringspolis wat jou kar dek teen diefstal en brandskade. Dit bied ook dekking as jy ‘n ongeluk veroorsaak en ander partye se eiendom beskadig. Neem kennis, Derdeparty, Brand en Diefstalversekering dek nie jou eie kar se skade nie. So as jy in ‘n ongeluk is moet jy self die herstelkostes dra of jou kar vervang as dit onherroeplik beskadig is.

 

As jou kar gesteel word en die Polisie kan dit nie terug kry nie, kan jy ‘n eis in sit vir die vervangingswaarde van die kar. Jou versekeraar behoort dan uit te betaal, sodat jy ‘n nuwe kar kan koop. As jou kar vir een-of-ander rede brandskade op doen sal hierdie tipe versekering daardie skade dek. 

 

Wat is Slegs Derdepartyversekering?

 

Dit is ‘n versekeringspolis wat die skade teen ander (of te wel, derdepartye) se eindom dek, sou jy met jou kar verantwoordelik wees vir ‘n ongeluk waarin hulle eindom beskadig raak. Let wel, Slegs Derdepartyversekering dek geen skade aan jou eie motor of eiendom nie. 

 

Om ‘n bietjie meer tegnies te raak kan ons kyk na waar die naam vandaan kom. Daar is drie partye by hierdie tipe versekering betrokke. Nommer een is jy, die versekerde. Nommer twee is ons, die versekeraar. En dan is nommer drie die ander party, of verontregte persoon.

 

Jou derdepartyversekering dek die verontregte persoon se skade, hetsy dit nou sy kar, sy muur, of beide is. Maak nie saak hoeveel ander partye se eiendom jy beskadig tydens die ongeluk nie, jou kar se skade word steeds nie deur hierdie polis gedek nie. 

 

Voor- en nadele van Derdeparty, Brand en Diefstalversekering

 

Bekende voertuigopspoorder, Tracker Suid Afrika, dui aan dat beide motordiefstal en -kapings teen die einde van 2023 steeds aan die toeneem[1] was. Met die wesenlike gevaar van motordiefstal kan ‘n produk soos Derdeparty, Brand en Diefstalversekering baie voordelig wees. Veral as jy ‘n kar ry wat hoog op die diewe se radar is. 

 

Kom ons kyk na die voordele van so ‘n versekeringspolis:

 

  • Dit dek skade teen beide voertuie en geboue van derdepartye wat skade lei in geval jy dalk ‘n ongeluk mag veroorsaak.

  • Hierdie polisse is billik geprys. Dit is goedkoper as Omvattende Karversekering, maar duurder as Slegs Derdeparyversekering

  • Sou jou voertuig skade lei in ‘n brand, dek so ‘n polis die herstelkostes.

  • Indien jou kar gesteel word sal Derdepary, Brand en Diefstalversekering die voertuig se vervangingswaarde dek, sodat jy ‘n nuwe ry ding kan koop.

  • Gestel iemand probeer jou kar steel, maar kry dit net reg om die kar te beskadig, dek hierdie polis daardie skade.

 

 Ongelukkig is daar ook nadele aan Derdepary, Brand en Diefstalversekering verbonde:

 

  • Skade aan jou eie motor word nie gedek in geval van ‘n ongeluk nie. 

  • Jou kar word ook nie gedek teen hael skade nie. 

  • Daar is moontlik nog nadele in die fynskrif van die polis. Maar seker jy lees dit aandagtig deur en is bekend met die inhoud van die fynskrif voor jy die polis uit neem. 

 

Voor- en nadele van Slegs Derdepartyversekering

 

Die oorgrote meerderheid van motoriste in Suid Afrika het geen vorm van karversekering[2] nie. Volgens die AA is twee derdes van die karre in die land nie verseker nie. So die kans dat jy in ‘n ongeluk betrokke is met iemand wat nie die herstelwerk aan jou of hul eie motor kan bekostig nie is goed. 

 

Juis die rede vir iets soos Slegs Derdepartyversekering. 

Hier is ‘n paar voordele vir so produk:

  • Dit is die goedkoopste vorm van karversekering. 

  • Hierdie vorm van versekering dek skade teen derdepartye se eindom, hetsy dit ‘n kar of ‘n gebou is.

 

Nadele van Slegs Derdepartyversekering:

 

  • Skade teen jou eie kar in geval van ‘n ongeluk word nie gedek nie. Meer nog, as jy jou kar afskryf tydens ‘n ongeluk moet jy hom uit jou eie sak vervang.

  • As jou kar gesteel word moet jy self sorg vir ‘n nuwe voertuig.

  • Mits jou kar beskadig word tydens ‘n brand is jy self verantwoordelik vir die herstelkoste.

 

Wie moet Derdeparty, Brand en Diefstalversekering kry?

 

As jy ‘n redelike ou kar ry waarvan spaar onderdele maklik en goedkoop is om te vervang, maar jy het nie die tipe geld om sommer ‘n nuwe kar uit die vuis uit te koop nie, is hierdie produk vir jou. 

 

Gestel jy ry met jou 2007 kar in iemand se blink nuwe Audi vas. Om ‘n nuwe motorskerm vir jou kar te kry gaan nie té duur wees nie, maar om die Audi se agterligte en kattebak deur te vervang is ‘n ander storie. 

 

Aan die ander kant weet jy, in Suid Afrika word n’ kar nogal geteiken vir diefstal, dus is dit dalk sinvol om ‘n versekeringspolis uit te neem wat nie net die derdeparty dek nie, maar jou ook teen diefstal beskerm. Jy stem saam, nê?

 

Wie moet Slegs Derdepartyversekering kry?

 

As jy ‘n ou, afbetaalde kar ry wat nog betroubaar is, dan is hierdie produk vir jou.  Jy ry ‘n 1998 kar. Die vervangingswaarde is so min dat die karhandelaar nie eers jou kar wil in ruil op ‘n nuwe model nie en die kar is lankal af betaal. Daar is geen risiko aan verbonde om met die kar rond te ry nie, behalwe dat jy dalk iemand anders se eiendom mag beskadig. 

As die kar gesteel word gaan jy hartseer wees, want hy het sentimentele waarde, maar dit gaan nie die bank breek om hom te vervang met ‘n soortgelyke voertuig nie. Daarom neem jy maar Slegs Derdepartyversekering uit. 

 

Kry ‘n Virseker Kar Versekering Kwotasie

 

Jy behoort nou ‘n beter idee te hê van watse tipe motorversekering jy benodig. Dus kan jy die volgende tree neem; kry ‘n Kar Versekering Kwotasie by Virseker. Maak seker jy kan rustig 

 

—-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Bronne:

[1] BusinessTech: Warning over new hijacking hotspot in South Africa

[2] AA: Vehicle insurance is not a luxury, it’s a necessity 

Disclaimer: The information in this article is provided for informational purposes only and should not be construed as financial, legal, or medical advice.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!