Let Wel

Hoe Werk Huisversekering? Jou Maklike Gids

2 min lees tyd
Motor 07 Junie 2024 deur Virseker

’n Mens se eie huis is ’n baie belangrike plek. Of dit nou jou eerste huis is as jong getroudes of die huis wat jy vir jou kinders los. Dis die plek waar eerste treë geneem word en groot geleenthede gevier word. So dis net natuurlik dat jy dit wil beskerm. Hetsy teen diefstal of donderweer. Dus is iets soos Huisversekering van uiterse belang om te verseker dat die plek wat jy “huis” noem daar is vir jou tot in lengte van dae. 

 

Maar wat is hierdie Huisversekering? Wat beskerm dit alles? Is dit regtig die moeite werd? As jy wonder oor hierdie dinge, lees verder soos Virseker se kenners verduidelik presies wat dit is en hoekom jy dit benodig.

 

Wat is Huisversekering en hoekom benodig jy dit?

 

Dit is ’n vorm van eiendomsversekering wat verlies en skade aan jou woning, sowel as meubels en ander bates in die huis dek. Dit kan ook dekking bied teen ongelukke in die huis of op die eiendom, waar buitestanders beseer word op jou erf. Skade soos ’n venster of deur wat breek is een ding, maar as die dak in duie stort gaan jy dit nie sommer uit jou sak uit herstel nie. Daarom dan huisversekering. Dit dek basies die vervangingswaarde van jou huis en alles wat daarin is.

 

Is dit ’n wettige vereiste om jou huis te verseker in Suid Afrika? Goeie vraag! Jy is nie wettig verplig om dit te hê nie, maar meeste finansiële instansies sal slegs huislenings gee op die voorwaarde dat jou huis verseker is.

 

Die tipes Huisversekering

 

Huisversekering bestaan uit twee[1] bene:

  • Huisinhoudversekering

  • Gebouversekering

 

1. Huisinhoudversekering

Dit is als in die naam. Jy verseker die inhoud van jou huis, soos bv. Meubels, klere, elektroniese en elektriese toestelle, gereedskap, gordyne en so aan. As jy Huisinhoudversekering kry kan jy gemoedsrus hê dat hierdie besittings beskerm word teen onvoorsiene omstandighede soos diefstal. Basies bied dit finansiële sekuriteit wat beteken jy kan vergoed word vir verlies of skade aan jou besittings.

2. Gebouversekering

Gebouversekering beskerm jou huis teen skade wat veroorsaak kan word deur rampe soos brande of weerlig. Wanneer daar ’n venster breek binne jou huis of as jy enige elektriese probleme ervaar sal Gebouversekering die herstel van die probleme dek. Die struktuur van jou huis en motorhuis word deur so ‘n polis gedek. As mure skielik kraak, of die dak skade kry kan jy dan teen so ‘n polis eis om die herstelwerk daarvan te dek.

Wat dek Huisversekering?

In terme van Gebouversekering dek Virseker jou teen brand, aardbewings, weerlig, oorstromings, gebartse pype en grondinsinking. 

Wanneer dit kom by Virseker Huisinhoudversekering dek ons jou meubels, klere, elektroniese toerusting, gordyne, los matte en meer. Huisinhoudversekering dek alles in jou huis teen diefstal, brande of weer skade, soos bv. oorstromings. Al hieride items kan ook gedek word vir toevallige skade, byvoorbeeld as jy per ongeluk koffie op jou waardevolle klankstelsel mors.

 

’n Praktiese voorbeeld van Gebou-en Inhoudversekering

 

  • Kry Huis- en Gebouversekering

Gestel jy is op soek na nuwe versekering vir jou huis. Gaan stap ‘n bietjie deur jou huis en erf en maak jouself bekend met die moontlike risiko areas. Vra jouself wat kan beskadig word of vernietig word as die groot hael kom, of as ‘n brand uit breek? Watse kosbare besittings gaan jy moet vervang in geval van ‘n inbraak en diefstal?

 

Nou dat jy weet wat kan breek en weg raak moet jy uit vind wie dit vir jou kan vervang teen ‘n billike maandelikse premie. Dan moet jy die regte inhoud- en gebouversekeringpolis kies wat dekking bied vir jou eiendom en besittings. Let op, dit is belangrik dat jy al jou kosbare besittings en hul vervangingswaarde lys wanneer jy die polis uitneem. Brande, vloede ensovoorts moet als gedek word. Jy kan dan jou versekeringverskaffer (soos Virseker) kontak om die proses aan die gang sit.

 

Maande later kom daar ’n groot storm wat skade rig aan jou huis. Jou dak is stukkend, glas skerwe van uitgeslaande vensters lê orals en dwars deur die huis is daar waterskade. Dit is nou dat jy dadelik jou versekeringverskaffer kontak en die skade aanmeld om die eisproses te begin.

 

In gevalle soos dié sal jy agter kom hoekom dit belangrik is om beide Gebou- en Huisinhoudversekering te kry. Jy sien, die Gebouversekering gaan sorg dat die skade aan die dak, vensters, vloerlyste en vloere gedek is. Aan die ander kant dek die Huisinhoudversekering weer die skade aan die meubels, los matte en elektriese toestelle wat beskadig is tydens die storm. As jy net een, of die ander tipe versekering het, gaan jy les op sê. 

 

Om die fisiese herstelwerk aan die gebou te doen sal die versekeraar tipies ‘n diensverskaffer aanbeveel om die werk te doen en dan dek hulle (die versekeraar) die kostes. Vir die meubels, los matte en elketriese toestelle sal die versekeraar ‘n bedrag vooraf goedkeur wat jy kan spandeer om te vervang wat vervang moet word. 

 

Let op: Daar is gewoonlik bybetalings as jy eis by die versekering. Dus dek hulle meeste van die skade, maar jy gaan ‘n klein gedeelte daarvan uit jou sak uit moet dek. 

 

Kry ’n Virseker Huisversekering kwotasie

Daarsy. Nou weet jy hoekom jy jou huis en die inhoud daarvan moet verseker, asook hoe die eis proses behoort te werk. Deur die regte versekeringverskaffer en polis te kies kan jy finansiële sekuriteit ervaar. Al wat jy nou moet doen is om ’n kwotasie te kry om die proses aan die gang te sit. 

 

—-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Bronne:

[1] Private Property: What homeowners need to know about insurance

Disclaimer: The information in this article is provided for informational purposes only and should not be construed as financial, legal, or medical advice.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!