Let Wel

Kenneradvies oor Motorversekeringkeuse

2 min lees tyd
Motor 10 April 2024 deur Virseker

Daardie tyd van die maand kom nader. Betaaldag. Maar dis met gemengde gevoelens wat jy daai betaalstrokie lees. Jy weet, soos die geld in kom, so gaan dit uit. Dis dan wat jy wonder, is iets soos motorversekering regtig nodig? Of is dit net nog ‘n manier waarop die stelsel jou van jou hardverdiende geld wil ontneem? Dis ‘n geldige vraag. Juis daarom dat Virseker in hierdie artikel veduidelik hoekom motorversekering wel noodsaaklik is en hoe om seker te maak jy kry die beste moontlike versekering vir ou lewensomstandihede.

 

Die belangrikheid van Motorversekering

 

Dit maak nie saak hoe versigtig jy bestuur en parkeer nie, in Suid-Afrika kan jy nie waarborg dat jou kar nie beskadig kan word nie. Met motordiefstal wat toeneem[1] kan jy ook nie uitsluit dat jou kar dalk net eendag spoorloos verdwyn nie. Om ‘n kar wat gesteel is te vervang is duur, en so-ook om herstelwerk te laat doen na ‘n ongeluk. Dit is hoekom karversekering belangrik is, sodat jy nie daardie onkostes op jou eie moet dra nie. 

 

Karversekering is baie keer nie net vir as iets met jou eie motor skeef loop nie, maar vir wanneer daar dalk ander mense en voertuie mag seer kry tydens ‘n insident. Gestel jy swaai uit vir ‘n tarentaal en tref die blink BMW wat van voor af kom. Dis een ding om vir die skade aan jou eie voertuig te betaal, maar kan jy dit bekostig om dan nog die BMW ook te laat herstel? 

 

Mens kry natuurlik verskillende vlakke van versekering (met verskillende premies) vir jou kar:

  • Basiese versekering wat jou dek teen diefstal en skade.

  • Derdepartyversekering wat kostes dek as jy ander mense se eiendom beskadig tydens ‘n ongeluk.

  • Omvattende Motorversekering dek jou kar teen ongelukskade, diefstal, natuurrampe en dek ook die kostes as ander partye beseer- of hul eiendom beskadig word in ‘n voorval. 

 

5 Foute om te voorkom wanneer jy Motorversekering uitneem

 

Nou dat ons vasgestel het motorversekering is wel nodig, hier is ‘n paar algemene foute om te vermy wanneer jy so ‘n polis uitneem.

 

1. Moenie net die eerste beste polis kies nie

Dit spaar dalk tyd om net die eerste karversekering wat op pop uit te neem, maar is dit die beste waarde vir geld? Gee dit die beste dekking? Sonder om polisse te vergelyk sal jy nie weet nie, tot dit dalk te laat is. 

Maar voor jy begin vergelyk moet jy eers besluit watse tipe dekking jy benodig (basies, derdeparty, of omvattend?). 

Wanneer daai besluit geneem is kan jy begin om polisse te vergelyk. Bel ‘n paar versekeraars of doen navrae op hul webtuistes. Die proses gee vir jou ‘n idee van die verskillende karversekeringspolisse daar buite, asook wat dit kos. Natuurlik wys dit jou ook sommer hoe die verskeie versekeraars se klientediens is. 

Voor jy finaal op ‘n produk besluit, lees resensies oor die versekeraar - hulle eisproses en hoe gereëld hulle eise uit betaal. 

 

2. Goedkoop koop is duur koop

Almal het al die sêding, “Goedkoop koop is duur koop,” gehoor. Dit geld ook vir karversekering. 

Oor die algemeen dek die goedkoopste polisse minder. So alhoewel jy op jou maandelikse premie spaar, mag jy dalk ‘n lelike verassing kry as iets skeef loop op die pad of as jou kar gesteel word. Voor jy op die goedkoopste polis besluit, maak seker jy verstaan waarvoor jou voertuig gedek is en waarvoor nie. 

Dit is hoekom jy moet navorsing doen om te besluit watse tipe karversekering jy benodig. 

As jy ‘n goedkoper kar ry wat maklik vervangbaar is kan jy dalk weg kom met net derdepartyversekering, maar as jou kar se vervangingswaarde meer is as wat gemaklik uit die sak uit kan betaal word gaan jy meer volledige dekking benodig. Neem ook in ag hoe baie jy die kar bestuur, watse paaie jy ry en waar jy orals parkeer voor jy op ‘n polis besluit. 

3. Maak jouself touwys rondom bybetalings, limiete en uitsluitings

Elke versekeringspolis kom met ‘n stel reëls. Die fynskrif verduidelik gewoonlik wat nie ingesluit word in die polis nie (uitsluitings), ekstra kostes wat betaalbaar is deur jou wanneer ‘n eis goedgekeur word (bybetalings) en elemente wat net gedeeltelik gedek word (limiete). 

Voor jy besluit op ‘n polis, maak seker jy weet wat word gedek en wat is uitgelsuit. Dit is sodat jy nie later ‘n eis in stel wat nie gedek word deur jou polis nie, want dan is dit te laat. Niemand wil in ‘n posisie wees waar groot hoeveelhede geld ter sprake is, om dan te hoor die versekering betaal nie uit nie. 

 

4. Moenie uitmis op byvoordele van jou karversekeringpolic nie

Baie karsversekeringspolisse het ‘n ekstra byvoordeel of twee aan verbonde. Soos bv. As jy vir X hoeveelheid maande nie ‘n eis in stel nie kry jy ‘n uitbetaling van jou versekeraar af. Sommige karversekeringspakette bied ook padbystand aan, vir wanneer jou kar tussen niks-en-nêrens die gees gee.

Kyk of die versekeraar afslag bied as jy ‘n goeie krediet rekord of ‘n geskiedenis van min padongelukke het. Jy kan ook vra vir ‘n aflsag op jou polis as jy meer as een motor verseker by dieselfde diensverskaffer. Ondersoek ook of jy kan aflsag kry op jou karversekering as jy dit deur dieselfde versekeraar doen as jou Huisinhoudsversekering.

 

5. Gaan gereeld jou motorversekeringpolis na en maak seker dit is opdateer

Soos wat jou lewensomstandighede verander is dit wys om jou versekeringspolisse na te gaan (almal van hulle, nie net die karversekering nie). Maak ook seker jy lees die kommunikasie wat jou versekeraar vir jou stuur aangaande polis- en prysveranderinge. Soms verander die bewoording van ‘n polis en as jy nie kennis neem daarvan nie mag dit jou dalk later duur te staan kom. 

Stel ook jou versekeraar in kennis as jy verhuis, of van werk verander. Waar jou kar staan gedurende die dag en nag beinvloed die polis en as jy versuim om jou versekeraar in kennis te stel dat dit verander het kan dit eisproses onnodig kompliseer. 

 

Kry ‘n Motorversekering kwotasie by Virseker

Daar het jy dit. Jy weet nou watse foute om te vermy as jy jou kar wil laat verseker. In ‘n neutedop: Moenie die eerste en goedkoopste polis vat nie, moenie limiete en uitsluitings ignoreer nie. Ken jou byvoordele en onthou om die versekeraar in kennis te stel van goor veranderinge in jou lewe. Begin die proses sommer nou en kry ‘n Virseker Karversekering kwotasie om die bal aan die rol te kry. 

—---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Disclaimer: The information in this article is provided for informational purposes only and should not be construed as financial, legal, or medical advice.

References:

[1] BusinessTech: Warning over new hijacking hotspot in South Africa 



Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!