Let Wel

VIRSEKER BESTE VAN DIE BESTE IN KORTTERMYNVERSEKERING MET GESOGTE ASK AFRIKA VERBRUIKERSINDEKS

2 min lees tyd
Versekerings wenke 04 September 2024 deur Virseker

Virseker beste van die beste in korttermynversekering met

Gesogte ask afrika verbruikersindeks

Virseker, Suid-Afrika se enigste trots Afrikaanse versekeringshandelsmerk, is pas aangekondig as die beste korttermynversekeraar in die gesogte Ask Afrika Orange Index®

Dié indeks is reeds vir 23 jaar die mees omvattende en wyd aangehaalde maatstaf van uitnemendheid in kliëntediens. Dit dek 26 verskillende industrieë en 200 handelsmerke, en span 45 000 kliënte-onderhoude in om faktore soos kliëntetevredenheid, emosionele tevredenheid en lojaliteit te meet en daardeur die wenners in elke kategorie te bepaal.

Virseker het, sedert sy ontstaan in 2011, altyd ten doel gehad om topklasversekering in Afrikaans te lewer. Vandag, 13 jaar later, het dié handelsmerk derduisende kliënte wat van ryding tot rekenaar, en van huis tot hond, laat verseker by ‘n naam wat bekend is daarvoor dat hulle 100% van alle geldige eise uitbetaal.

Hiermee saam bou Virseker, prakties, in Afrikaans, vir Afrikaans. Danksy polishouers se maandelikse premiebydraes aan die Virseker Trust, kon Virseker tot op hede meer as R154 miljoen in Afrikaanse onderwys, tersiêre opvoedingsinstansies en gemeenskapsondersteuning belê.

Vir die bobaas, baanbrekersbreine van môre is Akademia, ‘n wêreldklas Afrikaanse universiteit, die Solidariteit Helpende Hand Studiefonds, die Afrikaanse Taalraad, die Skole Ondersteuningsentrum (SOS) en die WEET e-Naslaangids onder andere deur Virseker polishouers ondersteun.

Of dit ‘n wa is wat deur ‘n drif getrek moet word en of dit harde klippe is waaraan daar help kou moet word, sit Virseker ook skouer aan die wiel met gemeenskapsinisiatiewe soos Die Pionierskool vir Siggestremdes, die Helpende Hand Noodfonds en die nasionale skooltassieprojek, deur hulp te verleen waar dit desperaat benodig word.

“Hierdie wen is vir ons ‘n enorme eer omdat dit toon dat Virseker nie alleen trots Afrikaans praat nie, maar ook trots Afrikaans dien,” sê Johanni Jennings, Virseker se Hoof van Bemarking. “Dis ‘n groot wen juis omdat dit op die verbruiker – mense wat ons daagliks beproef - se stem staatmaak. Ons belofte van uitnemendheid is nie net slim

bemarking nie, hierdie aankondiging bewys dat ons werklik streef om ‘n‘n venoot te wees waarop individue en sakeondernemings kan reken.”

“Elkeen by Virseker vorm deel van ‘n hegte eenheid wat kliënte absoluut altyd eerste stel. Hierdie toekenning vuur ons aan om net nog meer en nog beter te doen. Virseker is van die beste in Suid-Afrika, en ons beplan om dit so te hou.”

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!