Gereelde vrae
Omvattende versekering vir jou kar is die volledigste versekeringsopsie. Dit bied dekking wanneer jou kar gesteel word, as jou kar en/of iemand anders se besittings in ‘n ongeluk beskadig word, of as natuurrampe soos vuur, haelskade of vallende bome jou tref.
As jy gemaklik is om die kostes self te dra as jou kar gesteel of beskadig word, maar nog steeds gedek wil wees teen die skade wat jou kar aan ander se eiendom aanrig, is hierdie die opsie vir jou. Jy kan ook kies om jou Derdeparty-dekking te verhoog tot R5 miljoen, R10 miljoen of R20 miljoen toe.
Bakkieversekering bied dekking wanneer jou kar gesteel word, as jou kar en/of iemand anders se besittings in ‘n ongeluk beskadig word, of as natuurrampe soos vuur, haelskade of vallende bome jou tref. Ons sluit ook R10 000 dekking vir bykomstighede in, uitsluitend die klanksisteem wat apart gedek word.
As jou kar minder as R250 000 werd is, dan het ons dekking vir jou! Virseker Kompak is versekering wat jou gatsak pas – lig op dekking sodat jy net betaal vir dit wat jy nodig het. Daar is drie planne waaruit jy kan kies.
Die motorfiets word gedek vir ongelukskade en as dit gesteel word, standaard bykomstighede word ook ingesluit as die bykomstighede saam met die motorfiets gesteel word. Derdeparty-aanspreeklikheid vir ander se eiendom, maar nie vir enige iemand wat agterop die fiets ry, of besig is om op of af te klim nie. Haelskadedekking is ingesluit.
Virseker se geboueversekering dek jou huis, sonpanele, buitegeboue, heinings, swembad en tennisbaan teen 'n verskeidenheid van risiko’s soos brand; aardbewings; weerlig; oorstromings; gebarste pype; kragoorlading en grondinsinking.
Jou huisinhoud word gedek as dit in ’n treklorrie is en in ’n ongeluk is. Ons sal jou ook vergoed vir skade veroorsaak deur brand, weerlig en ontploffing terwyl jou huisinhoud vervoer word of in ’n geregistreerde meubelpakhuis gestoor word.
Draagbare Besittingsversekering is dekking vir items wat jy gewoonlik saam met jou dra. Dit sluit in, jou selfoon, tablet, juwele, voorgeskrewe bril, jou gehoorstuk, kamera, en klere bo die waarde van R4 000.
Draagbare Besittingsversekering is ‘n voordeel wat saam met Huisinhoudversekering of Karversekering ingesluit kan word waar jy items wat jy gereeld saam met jou dra buite die huis kan dek teen skade of diefstal.
Jy weet nooit wanneer jy regshulp nodig het nie en dit kan teen 'n buitensporige koste kom. Ontvang betroubare hulp en advies met Virseker se Regsbystand produk. Nie net sal ons verseker dat jy jou wetlike regte ken en verstaan nie, maar jy sal voordele soos onbeperkte telefoniese advies, litigasiedekking, belastingbystand, bemiddeling en meer geniet.
Begrafnisplan, begrafnisdekking en begrafnisversekering verwys na dieselfde tipe dekking.
Dit is belangrik om die regte persoonlike ongeluksplan te kies. Kies 'n plan wat dekking bied vir ongeskiktheid, dood en hospitalisasie as gevolg van 'n ongeluk. Al Virseker se Persoonlike Ongeluksplan opsies sluit hierdie dekking asook 'n aantal ander belangrike voordele in. Met Virseker is geen mediese ondersoeke nodig nie, en jy kan selfs geld spaar wanneer jy jou lewensmaat of eggenoot byvoeg.
Openbare aanspreeklikheid is dekking wat deur jou besigheidsversekeringspolis aangebied word. Dit is dekking wat jy (as besigheidseienaar) en jou werknemers beskerm indien jy wettiglik aanspreeklik gehou word vir eise ingestel deur derdepartye vir beserings, dood of verlies of skade aan hulle eiendom op jou perseel.
Virseker se Besigheidskarversekering bied 'n verskeie dekkingopsies in, en sluit voordele soos padhulp, windskermdekking, insleep en berging om 'n paar te noem.
“Agent was Baie vriendelik en behulpsaam. Die produk is kort en kragtig maar tog met detail aan my verduidelik. Die agent het my finansiele posisie in ag geneem voordat hy n produk aan my voor gele het. Ek is Baie tevrede met die diens en sekuriteit wat die produk my bied en dit teen n sak pas premie per maand. Kersie op die koek dit was in my eie taal aan my voor gele. Nog n tevrede klient.”
Mev. Mulder
“My interaksie met die konsultant was baie bevredigend. Daar is vinnig op my aanvanklike navraag gereageer en het my vrae geduldig beantwoord. Die kwotasie was billik en die advies waardevol om te verseker dat die dekking omvattend is. Ek het ook waardering vir hul bydrae tot die bevordering van Afrikaans.”
Dr. Froneman
“Ons was opsoek na beter en/of goedkoper opsies op kar versekering, en na vele oproepe en e-posse met ander versekering maatskappye was Virseker beslis die regte besluit om te neem. Hulle was profesioneel, vriendelik en ons het baie goeie diens ontvang in Afrikaans. Zaine (van Virseker) was baie behulpsaam elke keer as ons moes kommunikeer, en as ons nog vrae gehad het voordat ons die polis uitgeneem het. Dankie vir uistekende diens en ons sien uit na 'n lang verhouding met Virseker.”
Mnr. Botes
“Ek kan met lof praat wanneer ek oor die diens by Virseker moet uitwy. Die konsultante is hoogs opgelei vriendelik en laat jou vinnig op jou gemak voel. Die personeel is daar omdat hulle daar wil wees nie moet wees nie.”
Mnr. Tolmay
“Ek praat nie gereeld met Virseker nie, want dit is nie nodig nie. Hulle diens is flink, gepas en professioneel. Ek stel nie belang om enige ander versekeraar te gebruik nie. Baie dankie Virseker….P.S. Dewald, jy is 'n Superster, hou aan met die gehalte diens.”
Gawie N
“Sedert ons besluit het om oor te skakel na Verseker was ons nie een dag spyt nie. Ons eis tov voertuig versekering is absoluut professioneel en vinnig afgehandel. Die kommunikasie was uitstekend. Die firma waarheen die voertuig gestuur is vir herstel was absoluut deursigtig, professioneel en het ons op die hande gedra. Die kwaliteit werk was perfek.”
Mnr. Van Deventer