Dekking vir die hooflid en lewensmaat plus tot vyf afhanklike kinders tot die ouderdom van 21
Verskeie plan opsies om van te kies, van R5 000 tot R30 000 dekkingslimiet
Voordele vir kinders onder 21 sal pro-rata toegedien word afhanklik van ouderdom
Getuigskrifte
"Martinus was baie vriendelik en het alles mooi aan my verduidelik. Het binne 'n paar sekondes al my nodige dokumentasie ontvang."
Monika
"Baie vriendelik en verduidelik baie goed en persoonlik het gevoel dat ek nie 'n rat voor die oë gedraai is nie en dat dit op reg vir my verduidelik is sonder enige verskuilings."
Mnr. Bezuidenhoud
"Virseker lewer uitstekende, professionele kliënte diens, stap die ekstra myl, baie vriendelik en hulpvaardig. Beste van als, hulle bedien hulle kliente in hul moedertaal!!. Baie dankie VIRSEKER vir julle puik diens."
Mnr. Swarts
"Die agent was baie vriendelik, hulpvaardig, professioneel en baie geduldig. N ware ster."
Mev. J.M Botha
"Ek het uitstekende, flinke en vriendelike diens ontvang. Hou so aan dis n plesier om met julle gawe mense te werk."
Mev. Oreilly
Gereelde Vrae
Wat is die verskil tussen begrafnisplan, begrafnisdekking en begrafnisversekering?
Begrafnisplan, begrafnisdekking en begrafnisversekering verwys na dieselfde tipe dekking.
Wat is 'n standaard Begrafnisplan?
'n Begrafnisplan dek die koste van 'n begrafnis in die geval van natuurlike of toevallige dood. Virseker se Begrafnisplan opsies sluit ook repatriasiedienste in.
Watter begrafnisdekking is die beste?
Virseker se Begrafnisplan bied 'n reeks bekostigbare dekkingsopsies om vir verskillende lewensomstandighede te voorsien. Die voordele dek die polishouer, hul eggenoot en kinders (21 jaar en jonger).
Wat is die voordele van Begrafnisplan?
Om 'n Begrafnisplan te hê, gee jou en jou familie die gemoedsrus dat niemand hoef bekommerd te wees oor die koste van 'n begrafnis as iets met jou of jou direkte familie sou gebeur nie. Hierdie polis dek die begrafnisuitgawes as jy, jou eggenoot of kinders sterf. Om jou nog meer te help, het ons ook repatriasiedienste ingesluit.
Koekies
Hierdie webwerf gebruik koekies om jou ervaring te verbeter. Deur die webwerf te besigtig, aanvaar jy hierdie gebruik van koekies. Sien ons privaatheidsbeleid.