Hoekom ry jy ’n motorfiets? Omdat dit volkome vryheid op wiele is, of bloot omdat jy vinnig deur spitsverkeer wil glip? Hoe dit ook al sy, ons het nommerpasversekering vir jou.
Toevallige + kwaadwillige skade
Diefstal en kaping
Derdeparty-skade
Haelskade
Standaard-bykomstighede
Noodgeval bystand ingesluit in jou Omvattende Motorversekering polis
“Ek wil net baie dankie sê vir die vinnige en professionele diens wat ek gekry het Dit was voorwaar lekker om in Afrikaans bedien te word.”
Bertie W
“Virseker lewer uitstekende, professionele kliënte diens, stap die ekstra myl, baie vriendelik en hulpvaardig. Beste van als, hulle bedien hulle kliente in hul moedertaal!!. Baie dankie VIRSEKER vir julle puik diens.”
Mnr. Swarts
“Ek het Virseker 11:26 gebel en my eis was uitbetaal teen 17:00 dieselfde dag. Diens was puik en profesioneel.”
Theresa
"Die agent was baie vriendelik, hulpvaardig, professioneel en baie geduldig. N ware ster."
Mev. J.M Botha
"Ek het uitstekende, flinke en vriendelike diens ontvang. Hou so aan dis n plesier om met julle gawe mense te werk."
Mev. Oreilly
“Puik diens, vinnig om te help, verbeter jou premie in n oogwink om jou sak beter te pas, goeie kultuur en vorm deel van 'n goeie netwerk wat strewe om te groei, bou en te beskerm.”
Lean
Gereelde Vrae
Watter versekering het ek nodig vir my motorfiets?
Virseker bied omvattende dekking spesiaal geskep vir jou motorfiets.
Wat word gedek deur Motorfietsversekering?
Die motorfiets word gedek vir ongelukskade en as dit gesteel word, standaard bykomstighede word ook ingesluit as die bykomstighede saam met die motorfiets gesteel word. Derdeparty-aanspreeklikheid vir ander se eiendom, maar nie vir enige iemand wat agterop die fiets ry, of besig is om op of af te klim nie. Haelskadedekking is ingesluit.
Watter motorfietse verseker ons nie?
- Motorfietse wat meer as R750 000 of minder as R7 000 werd is. - Skaars en eksotiese motorfietse. - Motorfietse met 'n enjinkapasiteit van meer as 2500cc.
Koekies
Hierdie webwerf gebruik koekies om jou ervaring te verbeter. Deur die webwerf te besigtig, aanvaar jy hierdie gebruik van koekies. Sien ons privaatheidsbeleid.